Sjinese miljardêr na maande in openbaar

Die miljardêr Jack Ma is sedert Oktober verlede jaar nooit gesien in die openbaar nie, en met sy verskyning het die aandelebeurs met meer as 10% gestyg.

Hy is die stigter van Alibaba, die grootste Sjinese e-handel maatskappy en met sy verskyning in die openbaar na soveel maande, het die maatskappy se aandele die hoogte ingeskiet.

Die laaste keer wat Ma gesien is, was in Oktober toe hy ʼn groot aantal onderwysers toegespreek het, en daarna is hy nie weer gesien nie wat vrae laat ontstaan het of die kommunistiese regering iets daarmee te doen het.

Jack Ma het met ʼn video opname wat gemaak is, gelukwense gebring aan onderwysers wat deur die Jack Ma Stigting ondersteun is, maar die vermoede bestaan dat sy verdwyning iets te make het met die moontlikheid dat die owerheid inmeng met sy Alibaba maatskappy.