Sjinese kry tweede pandemie

Die Sjinese hoofstad Beijing berig dat die daaglikse Covid-19 koronavirus infeksies die hoogste is wat in die afgelope vyf maande aangeteken is is sekere stede van die land.

Die wêreld se tweede grootste ekonomiese reus is besig om te skarrel ten einde planne te beraam vir die bekamping van verspreiding.

Die grootste toename in nuwe infeksies het glo in die nabyheid van die hoofstad Beijing ontstaan, en Sjina is redelik magteloos om die verspreiding te beperk aangesien die nuwe variante hoogs aansteeklik is teenoor die vorige pandemie./

Sjina het in sy besluit, nou meer as 28 miljoen mense se maatreels so streng gemaak dat hulle net in hulle woonplekke moet bly en kan slegs kos gaan koop en die protokol handhaaf in die proses.

Alhoewel die jongste gegewens toon dat slegs 107 nuwe infeksies aangeteken is waarvan 90 naby Beijing is, bestaan daar onsekerheid oor hoeveel mense met die nuwe pasiente in aanraking was.