Sjinese groeikoers laagste in dekades

Sjina het tot onlangs daarin geslaag om die koronavirus pandemie se tweede aanslag te ontduik, maar het nou sy eerste variant Covid-19 aanval ervaar en die vinnige toename in infeksies is besig om naby Beijing los te bars.

Sjina het die tweede grootste ekonomie in die wêreld, met net die VSA wat groter is, maar wat klaarblyklik nou sy maer jare betree het.

In Maart verlede jaar het Sjina verklaar dat hy die koronavirus gewen het, en daarna alles moontlik gedoen om te voorkom dat nuwe infeksies in die land kom.

Te midde van al die voorsorg en sy strewe om ekonomiese groei te verbeter, kon hulle in 2020 slegs 2,3% groei toon, terwyl deskundiges daarop wys dat die land met sy groot bevolking, meer as 6% per jaar behoort te groei.

Dit is die swakste ekonomiese groei van Sjina vir die afgelope 40 jaar, en met die huidige vooruitsigte dat die land ook die nuwe variant koronavirus moet trotseer, kan die groei verder gekniehalter word.