Sjina verwerp Taiwan uitnodiging

Die kommunistiese regering in Beijing het ʼn amptelike uitnodiging van die Taiwanese regering van die hand gewys om samesprekings te voer ten einde die spanning tussen die twee lande te verlig.

Sjina sê die Taiwannese regering is met ʼn “goedkoop speletjie” besig terwyl hulle konfrontasie met Sjina uitgelok het.

Taiwan het te kenne gegee dat hy gereed is om “betekenisvolle gesprek” met Beijing te voer indien Sjina bereid is om sy uitdagende konfrontasie eenkant te laat.

President Tsai Ing-wen het die opmerking gemaak in sy Nuwejaar boodskap maar die Sjinese siening is blykbaar dat die demokratiese en selfregerende Taiwan moet besef hulle is steeds deel van die Sjinese gebied en dus daarvolgens moet optree.

 Die regering in Beijing beskou ook die Taiwannese president wat in 2016 verkies is, as ʼn separatis wat wil afskei van die Sjinese oorheersing.

Nuwejaarsdag het die Sjinese minister belas met Taiwan aangeleenthede gesê daar was geen manier van verandering in die realiteit nie, en dat die eiland nie deel van Sjina is nie word verwerp.

Die skeepsbou program van Taiwan om daarmee sy seevaart verdediging op te skerp, is een van die hoofredes waarom die Sjinese regering spanning veroorsaak.