Sjina seel stad af oor virus

Sjina het een van sy stede wat na aan die hoofstad Beijing gelee is, af geblokkeer uit vrees dat die infeksies vanaf die stad na die hoofstad kan oor spoel.

Die 7 miljoen inwoners van die provinsie Hebei se stad Shijiazhuang word geraak deur die maatreël, en sal waarskynlik vir die komende paar maande in isolasie wees.

Geen voertuie of enige persoon is gemagtig om die stad te verlaat nie, en streng optrede word toegepas om te verseker dat die afgelope week se 100 nuwe infeksies in die stad nie oorgedra word na ander gebiede nie.

Die omliggende streke is ook dig bevolk, en die regering wil voorkom dat die 11 miljoen mense buite die stad, nie geraak word deur die pandemie wat mag volg nie.

Virus beheerbeamptes is geplaas op alle paaie wat toegang tot die stad verleen, en padblokkades is op snelwee om te verseker dat geen persoon uit die stad na enige ander plek sal kan beweeg ni.