Sjina sê VSA speel met vuur

Die Verenigde State van Amerika se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Kelly Craft, sê sy besoek Taiwan op 13 tot 15 Januarie om senior regeringsleiers te ontmoet en samesprekings te voer.

Die aankondiging het Sjina se onmiddellike reaksie ontlok, wat gesê het die Amerikaners speel met vuur deur die besoek aan Taiwan.

Beijing eis steeds dat Taiwan as selfregerende staat, deel is van Sjina, maar dit wil lyk of die inwoners en regering van Taiwan nie geneë is om dit volledig te aanvaar nie.

Spanning tussen Taiwan en Sjina het toegeneem nadat die VSA ʼn vorige keer die regering van Taiwan ontmoet het, en Sjina probeer het om intimidasie toe te pas deur vegvliegtuie te gebruik wat die grens met Taiwan oortree en Taiwan die oortreders letterlik gewaarsku en verjaag het.