Sigarette: Kommer oor gewapende rooftogte

Sigaret maatskappye wat oor dekades binne die landswette hulle bedryf bestuur het, spreek nou hulle kommer uit oor die toestand in Suid-Afrika waar rowers op onwettige wyse hulle sigarette bekom en verkoop.

Met die verbod op verkoop van sigarette wat verlede jaar deur die regering toegepas is, het sigaret smokkel sindikate die verkoop van sigarette op onwettige wyse laat toeneem.

Maatskappye soos British American Tobacco SA (Batsa) het hulle kommer uitgespreek oor die tendnse wat nou waargeneem word van smokkel bends wat gewapende rooftogte uitvoer op vboertuie wat sigarette op wettige wyse vervoer en verkoop.

Ingeligte bronne beweer dat die sigaret maatskappye die produkte vervaardig en die sonde belasting aan die staat betaal, en dan word bendes die besitters van die besending sigarette wat op die swartmark teen astronomiese pryse verkoop.

Batsa sê die gewapende rooftogte word uitgevoer nou dat die regering die verbod op sigaret verkope opgehef het, wat beteken die vervaardiger bly nog steeds aan die kortste end trek.