Sigaret verbod: Regering wil appelleer

Die ANC regering maak glo gereed om die uitspraak van die Hooggeregshof in die Wes-Kaap teen te staan in ʼn appèlsaak wat handel oor die verbod op verkoop van sigarette tydens die grendel tydperk.

Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het vroeër bevind dat die verbod wat ingestel is op die verkoop van sigarette, ongrondwetlik is, en gesê dit kan nie langer toegelaat word nie.

Nou het die ANC regering klaarblyklik besluit om die uitspraak op appèl te neem, maar verskeie regsgeleerdes reken dit is ʼn verdere verkwisting van staatsfondse om nog ʼn hofsaak aan te gaan.

Die vermoede bestaan dat die regering se oorweging berus op moontlike eise wat deur sigaret vervaardigers ingestel kan word, en wat miljoene Rand kan beloop.

Of die regering dit oor weeg om weer ʼn verbod in te stel op sigaret verkope indien hulle sou slaag in die Appèlhof, is nie duidelik nie