Sentraal Transvaal of te wel Gauteng

Tydens ‘n verpligte besoek aan gesinslede in Pretoria oor Kersfees en Nuwejaar het mens weereens onder die indruk gekom van die totale verval wat ingetree het in meeste dele van ons land. 

As jy uit die Wes-Kaap kom wat nog in ‘n redelike toestand is,  dan staan jy verslae om die agteruitgang binne ‘n jaar waar te neem. Pretoria middestad, en Sunnyside, is soos Pik Botha, pikswart. 

Winkels word oorgeneem deur Nigeriërs, Sjinese en al die “vlugtelinge” uit Afrika. Instandhouding van die infrastruktuur bestaan nie.  Dwelmhandel in Sunnyside is iets algemeen terwyl prostitusie oorspoel na aangrensende woongebiede.  Kerkplein en sy omringende kantore wat eens prokureurs en advokate gehuisves het,  is oorgeneem deur “immigrante” wat leef vanuit die gebou en handeldryf vanuit die gebou. Kontrole rondom BTW en belasting invordering by diegene is lankal gestaak deur SAID.

Misdaad voorkoming is ‘n skyn aangesien polisie beamptes ooglopend dinge toelaat om plaas te vind.  ‘n Besoek aan ‘n polisie stasie laat jou met meer frustrasies daar uitgaan aangesien jy net in gebroke Engels gehelp kan word.  Afneem van verklarings is ‘n nagmerrie. Besoek jy weermag basisse soos Voortrekkerhoogte of  10 Onderhoud eenheid staan jy verstom  as jy ‘n dienskamer ingaan. Dit lyk soos ‘n plakkers kantoor  .  Dissipline bestaan daar nie en troepe drentel rond en paradegronde is klaarblyklik ook nie meer in gebruik nie.

Wat wil ek sê?  Ons kan nie voortgaan om in hierdie gemors te lewe en ons kinders hier te laat groot word nie.  Maar is daar nog mense , ons mense, wat ‘n strewe het na vrede, na vryheid, na vooruitgang?   Dit lyk asof daardie ideaal gesterf het en daarmee saam sal ons as Boere Afrikaner volk ten gronde gaan.

Japie Kennersoog