Sentraal Afrika se president herkies

Faustin-Archange Touadera van Sentraal Afrika Republiek het die afgelope naweek se presidentsverkiesing gewen om ʼn tweede termyn te regeer.

Die verkiesing is gehou teen die agtergrond van voortslepende geweld wat deur rebellemagte gevoer word, en ondersoek word gedoen om vas te stel of die voormalige president Bozize agter die opstande sit.

Bozize word daarvan beskuldig dat hy magte gemobiliseer het met die doel om ʼn kaping of staatsgreep uit te voer.

Alles dui daarop dat die verkiesing redelik regverdig verloop het, en die president se meerderheid van 53% word beskou as realisties en aanvaarbaar.

Die 63-jarige Faustin-Archange Touadera is in 2016 tot president verkies, maar het gesukkel om beheer te kry oor die bevolking wat deel uitmaak van die gewapende militante in die land.

Die uitslag van die verkiesing moet gedurende die week bevestig word deur die Grondwet Hof, wat ook na enige besware en teenkantings oor die uitslag moet besin.