SA wil Beitbrug grens sluit

Die oproepe word al meer van invloedryke mense en organisasies wat vra dat die chaos van Beitbrug grenspos gestop moet word, en dat die deurgang gesluit moet word.

Die omstandighede by Beitbrug se grenspos tussen Suid-Afrika en Zimbabwe bly in chaos, en die afgelope week het honderde mense oor die grens gestroom na Suid-Afrika, terwyl koronavirus toetse nie op die onwettige immigrante gedoen is nie.

Ernstige kommer heers tans oor hoeveel mense uit die buurstaat onwettig die land ingekom het en die bevolking met die virus besmet wat die gevaar ook inhou dat nog ʼn variant van die virus in SA aangekom het.

Herman Mashaba, voormalige burgemeester van Johannesburg, het intussen ook op die wa van besware geklim en sê alle lande van die wêreld maak seker dat hulle mense in hulle land toelaat wat ʼn positiewe bydrae kan lewer.

Die sluiting van Beitbrug grenspos sal volgens kenners nie beteken dat mense van Zimbabwe gestuit word om na SA te kom nie, want die grensdraad tussen die twee lande is op verskeie plekke gesaboteer om deurgang moontlik te maak.