SA Virus Status

Nuwe infeksies het 14 Januarie op 18,503 gevalle te staan gekom, en 712 sterftes is aangemeld vir die 24 uur tydperk.

Net minder as 1,3 miljoen mense het reeds positief getoets en daarvan het net meer as een miljoen herstel, wat beteken daar is sowat 300,000 aktiewe gevalle in die land.

Die tendens toon ʼn styging in aktiewe gevalle, wat die risiko verhoog om ander te besmet terwyl daar baie is wat nie bewus is dat hulle draers is van die virus en daagliks talle ander mense infeksie laat kry.

Wetenskaplikes het intussen vasgestel dat mense wat die infeksie opgedoen het, vir minstens vyf maande immuun is. Die gevaar bly egter dat mense wat immuun is weens vorige infeksie, nog steeds draers kan wees wat die virus verder kan versprei.