SA Virus status

Die vinnige toename in infeksie word met die jongste gegewens weerspieël en beklemtoon die noodsaaklikheid daarvan om te alle tye die veiligheidsmaatreëls te handhaaf.

In die afgelope 24 uur is 806 sterftes aangemeld, en 18,555 nuwe gevalle van infeksie is in die 24 uur tydperk aangeteken.

SA het nou net minder as 1,3 miljoen infeksie gevalle, waarvan 212,233 nog aktiewe gevalle is.

Hospitale en begrafnis ondernemers verkeer onder geweldige druk, en sommige ondernemers beweer dat hulle tot 50 mense per week moet begrawe, en hospitale is totaal oorlaai en verskeie het reeds meer pasiënte as wat hanteer kan word met die tekort aan personeel wat ondervind word.