SA Virus status

Op 10 Januarie is die owerheid se rekords soos volg gegee:

Meer as 7 miljoen mense is getoets vir moontlike infeksie van die Covid-19 koronavirus, waarvan 13,105 nuwe gevalle is.

SA se totale infeksies het gestyg tot meer as 1 miljoen, en 34,334 sterftes is geregistreer.

Hieruit is dit duidelik dat die nuwe variant van koronavirus ʼn gevaarliker stadium bereik het as wat die geval met die vorige pandemie was, en behoort lesers met groter versigtigheid op te tree om hulleself en hulle geliefdes te beskerm teen infeksie.