SA se vyf rykstes

Suid-Afrika beskik oor baie mense met miljoenêr status, maar die super rykes in die kategorie van  miljardêr status is nie baie nie.

Die diamant magnaat, Nicky Oppenheimer met $7.8 miljard is steeds die rykste persoon, met Johann Rupert in die tweede plek met $6.7 miljard.

Die mynmagnaat Patrice Motsepe is derde met $2.8 miljard terwyl Koos Bekker wat die media in sy handpalm het, ook $2.8 miljard sterk is.

Die bankier Michiel le Roux staan vyfde met $1,2 miljard.

Die miljoenêrs het aansienlik meer geword te midde van die negatiewe invloed van die koronavirus pandemie, en daar is na raming 38,400 wat tans die status geniet.