SA se fout met entstof beskikbaarheid

Wetenskaplikes beweer dat die lande van die middel inkomste groep soos wat Suid-Afrika is, maar gewone bedelaar status het omdat die land hom verlaat op die “goedgunstigheid” van die oorkoepelende liggaam, bekend as Covax, om vir ons entstof te probeer bekom.

In die wêreldwye gejaag om so gou moontlik voldoende voorraad entstof te bekom, het die vraag daarna sodanig gegroei dat die moontlikheid bestaan dat SA dalk nie eers in 2021 entstof gaan kry nie, sê ʼn professor verbonde aan Wits Universiteit.

Suid-Afrika het ʼn hele reeks foute begaan wat meebring dat die entstof wat wel afgelewer mag word, sowat 3% van die bevolking sal bedien.

Finansiële deskundiges sê die land se vrot ekonomiese (rommel status) stand is een van die belangrikste redes waarom inwoners nie geïmmuniseer gaan word in 2021 nie. Die moontlikheid om nog geld te leen in die buiteland om entstof te koop, is nou feitlik ʼn onmoontlike situasie, en indien dit wel geleen sou kon word, sal die rente daarop vernietigend wees.

Tweedens het die regering, weens ʼn geld tekort, ook nie die vermoë om voldoende voorraad entstof, betyds, te kon aankoop nie.

Derdens het die regering nog die bietjie entstof wat bestel is, se geld te laat oorbetaal, en daarmee afgeskuif op die ranglys van wanneer en hoeveel entstof gelewer sal word.

Onbevestigde berigte lui dat wetenskaplikes van die land ʼn brief aan die ANC regering geskryf het waarin die skuld vir die benarde posisie voor die deur van die maghebbers gelê is.

ʼn Senior lid van die ANC het glo gesê die regering se onvermoë om genoeg entstof te bekom, kan nog in die geskiedenis opgeteken word as die grootste gebeurtenis van ʼn regering se mislukking om sy inwoners te beskerm soos wat onderneem is toe hy as regering aangestel is.