SA Noodtoestand verder verleng

Die omstrede Minister van Samewerkende Regering, Dlamini-Zuma, het aangekondig dat die nasionale Noodtoestand met nog ʼn maand verleng word.

Die aankondig kom nadat die koronavirus pandemie totaal hande uitgeruk het in die land, wat veroorsaak is deur hoofsaaklik mense wat nie hou by die vasgestelde grendel maatreëls nie.

Die minister het die Noodtoestand verleng tot 15 Februarie, wat beteken dat Suid-Afrika dan reeds byna ʼn volle jaar gebuk gaan onder die koronavirus pandemie wat as Covid-19 virus in Sjina ontstaan het.

Ingevolge die Wet op Noodtoestande wat tans van krag gemaak is deur sodanige afkondigings, is deel van die regering se mag wat hy kan uitoefen sonder om parlementêre goedkeuring te kry om die Noodtoestand te verleng.

Die Noodtoestand bemagtig Cyril Ramaphosa om op te tree sonder om verantwoording of selfs enige terugvoering aan die land se parlement te gee.

Aanvanklik is die Wet ingestel om die regering van die land te bemagtig in geval van rampe soos oorstromings, droogtes en ander natuurverskynsels wat dringende aandag nodig het, maar rampe soos wat koronavirus veroorsaak, het maar die afgelope jaar ter sprake gekom.