SA Koronavirus infeksies styg gevaarlik

Die nuwe infeksies van die koronavirus, waarvan die nuwe variant blykbaar die grootste bydraer is vir die dramatiese styging, laat Suid-Afrikaanse hospitale steier.

Gedurende Nuwejaarsdag se 24 uur, is ʼn skrikwekkende 16,726 nuwe infeksies aangemeld, en op die dag is 418 sterftes aangeteken.

Met meer as een miljoen infeksies, en byna29,000 sterftes is dit duidelik dat die land sy ergste gesondheid krisis sedert 1918 se Groot Spaanse Griep beleef.

Deskundiges wys daarop dat die nuwe variant van die virus wat veel gevaarliker is weens sy vinnige verspreiding, die tweede pandemie veel erger gaan word, en word mense aangeraai om so min as moontlik in aanraking te kom met ander ten einde infeksie te voorkom.

Suid-Afrika se swak ekonomiese stand laat hom ook nie toe om voldoende voorraad entstof aan te koop nie, wat die gevaar van algehele isolasie van ander lande vergroot. Die bestaande situasie is reeds sodanig dat verskeie Europese lande nie kontak met SA wil maak nie, en vliegtuie met passasiers uit die land word nie toegelaat om te land in Europa nie uit vrees vir die verspereiding van die nuwe variant wat in SA ontstaan het.