SA is onveilige woonplek

Suid-Afrika is volgens die jongste opname wat regoor die wêreld gemaak is, gevind as die derde onveiligste plek op aarde om te woon en te werk.

Volgens die jongste “Numbeo 2021 Indeks” oor misdaad, is Suid-Afrika ʼn gevaarliker plek om te bly as die oorlog geteisterde Afghanistan.

Die Numbeo Misdaad Indeks word opgestel nadat ondersoeke en navorsing gedoen is en mense in die land gevra is oor hulle ervarings, terwyl misdaad statistieke ook gebruik word om die bevindinge te publiseer.

Slegs Venezuela en Guinee word as gevaarliker blyplekke aangedui,  met ʼn “misdaad telling” van 77.07 en ʼn veiligheid telling van slegs 22.03.

LandMisdaad IndexVeiligheid Index
1Venezuela84.2515.75
2New Guinea80.2419.76
3Suid-Afrika77.0722.93
4Afghanistan76.3723.63
5Honduras74.7825.22