SA Brouery vat regering na hof

Die SA Brouery (SAB) het aangekondig dat hy van plan is om die jongste maatreël wat alkohol verkope verbied weens die pandemie, in die hof te laat beslis.

Die SAB sê hy wil die grondwetlike van die verbanning toets en dit kan lei tot groter onenigheid indien die saak wel in die Brouery se guns beslis sou word.

Die verbod op alkoholiese drank verkope is ingestel nadat ʼn groot deel van die land na Vlak 3 moes terugkeer weens die dramatiese styging in sterftes en met infeksies wat ongekende nuwe hoogtes bereik het in die afgelope paar dae.

Die regering het beweer dat met die instel van die verbod, was hospitale se Hoësorg eenhede leeg teenoor vorige jare se Nuwejaar vieringe.

Die ANC se Nasionale Koronavirus Bevelsraad het besluit om die verbod op alkoholiese drank in te stel teen die einde van verlede jaar, maar die drank industrie sê die maatreël gaan menige wat tans nog in die bedryf is, finaal laat knak op ekonomiese gebied en sal deure permanent gesluit moet word.