SA beter toegerus vir derde pandemie

Die president, Cyril Ramaphosa, het gesê Suid-Afrika is beter toegerus om die derde koronavirus pandemie te trotseer, veral in die lig van die ervaring wat opgedoen is tot nou toe.

Hy së sakeondernemings is besig om op dreef te kom en alhoewel dit tyd sal neem, is hulle besig om te herstel, maar kenners betwyfel die siening aangesien te veel maatskappye, veral in die kleiner sektor, reeds hulle deure permanent moes sluit.

Die ekonomie word verder geknel deur Eskom se beurtkrag wat die nyweraars en sakemanne, asook die individue ernstig benadeel, en word die daaglikse beurtkrag se skade op soveel as R900 miljoen per 24 uur gestel.

Die geweld en korrupsie word nie in toom gehou nie, en is die verdere bydraende faktore wat veroorsaak dat die sakelui, nyweraars en mynhuise sukkel om kop op te tel, veral omdat werkloosheid ook ʼn negatiewe uitwerking het, want die deel van die bevolking spandeer weinig om die ekonomie ʼn hupstoot te gee, së ekonomiese deskundiges.