Russiese president tree op as vredemaker

Die Russiese president, Vladimir Poetin, het sy eerste rondte suksesvol deurgevoer toe hy die twee buurlande, Azerbaidjan en Armenië se leiers opgeroep het tot samesprekings nadat die twee lande in ʼn oorlog betrokke was.

President Poetin het daarin geslaag om as bemiddelaar op te tree en die konlik is beeindig met ʼn aanvanklike skiet stilstand, en daarna ʼn ooreenkoms tot vrede.

Die Russiese president het met sy optrede die wêreld beindruk en gaan nou voort om die twee lande se leiers in samesprekings bymekaar te bring ten einde die vrede te bevestig.

Dit sal die eerste keer wees dat die twee lande se leiers mekaar van aangesig tot aangesig ontmoet nadat die oorlog beëindig is, en met die byeenkoms wil Poetin die moontlike knelpunte wat tussen die twee lande heers, uit die weg ruim.

Die ses weke oorlog is met president Poetin se tussenbeide koms gestaak, maar dit is glo gevind dat beide lande sekere ernstige probleme ondervind wat Poetin nou wil aanspreek.