Republikeine verloor beheer oor Senaat

Met 98% van die stemme getel in die Amerikaanse deelstaat Georgie, is dit reeds duidelik dat die twee kandidate van die Demokratiese Party, die meerderheid stemme gekry het en daarmee die meerderheid in die Senaat verkry het.

Dit is die vooruitskouing nadat berig ontvang is dat die amptelike aankondiging gemaak gaan word dat die presidentskandidaat van die Demokrate, Joe Biden, die verkiesing gewen het en dat hy binne enkele dae vorentoe, ingesweer sal word.

Intussen het Donald Trump[ herhaal dat hy nooit sal aanvaar dat hy die verkiesing verloor hert nie, maar kenners sê dit toon ʼn gebrek van leierskap.

Alhoewel Biden se kandidate vir die Senaat, wat in Georgie op die punt van ʼn finale oorwinning staan, was die meerderheid in beide die gevalle ʼn baie klein meerderheid vir die twee Demokrate, en is dit minder as .5% wat die meerderheid teenoor die Republikeinse kandidate is.

Dit is die eerste keer in baie jare van die Amerikaanse politiek dat die Republikeine hulle meerderheid in die Senaat verloor het.