Rentekoers bly dalk onveranderd

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sal waarskynlik nie enige veranderings maak aan die reeds baie lae koerse wat huidig van krag is nie.

 Die Suid-Afrikaanse Monetêre Beleid Komitee sal hulle eerste vergadering vir 2021 op 21 Januarie hou om oorweging te gee aan die saak terwyl die pandemie rekord infeksies veroorsaak.

 Die grootste aantal ekonome is dit eens dat die Reserwebank se goewerneur, ene  Lesetja Kganyago die repokoers sal handhaaf by sy huidige 3,5%.

Ekonome sê hulle het rede om te glo dat die repokoers vir die res van 2021 op die gestelde 3,5% sal bly weens die negatiewe uitwerking wat Covid-19 het op die finansiële rommelstatus van Suid-Afrika.

Die lae rentekoerse dra by tot verligting van huiseienaars wat tans sukkel om finansieel staande te bly, en strek ook tot voordeel van mense wat dit oorweeg om nou eiendom te koop.