Renoster oorblyfsels in Siberië gekry

Navorsers het in Rusland die oorblyfsel van ʼn renoster gevind wat goed bewaar gebly het in die koue Siberië wat na bewering enige iets van 20 tot 50 eeue gelede geleef het.

Die karkas se beendere het goed bewaar gebly onder die eeue se sneeu bedekking in die noorde van Siberië, en het nou met die klimaatsverandering wat ondervind word, sigbaar geword.

Van die dik wollerige hare op die dier se vel, het ook nog bewaar gebly na die duisende jare wat dit gevries was.

Die karkas is gevind in die Yakutia gebied waar die sneeu ook begin smelt weens die klimaatverandering wat ondervind word. En wetenskaplikes sê dit is die beste bewaring van karkasse wat nog ooit in Rusland gevind is.