Rekord houding van Moslems gevra

Oostenryk het reeds ʼn rekord stelsel ontwikkel om gegewens van elke Moslem inwoner in die land te hou by die betrokke regerings departement.

Die regering van Oostenryk het die stelsel begin weens die vele terroriste wat veral deur die Merkel regering toegelaat is om Europa binne te dring.

Die stelsel is volledig ontwikkel nadat ʼn Moslem gedrewe terroriste aanval in November 2020 in die Oostenrykse hoofstad Wene vir die dood van onskuldige mense verantwoordelik was.

Die regering het nou ʼn beroep gedoen op die Europese Unie om met ʼn registrasie stelsel te begin, wat soortgelyk is aan wat tans in die land gebruik word.

Oostenryk het ook aangekondig dat hy vanaf die begin van 2021 vereis dat enige immigrant sy volledige persoonlike besonderhede moet gee voordat toelating tot die land goedgekeur sal word.

Die Konserwatiewe Kanselier Sebastian Kurz en sy regering het intussen ook verskeie ander maatreëls in plek gekry nadat die 20-jarige terroris ʼn skietery in Wene se middestad gehad het.