Regering wil entstof korrupsie voorkom

Die ANC regering se Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, sê die regering het die hantering van koronavirus entstof “gesentraliseer” om die moontlikheid van korrupsie uit te skakel.

Dit is gedoen om te verseker dat bedrog en korrupsie nie weer plaasvind soos wat met die koronavirus beskermings toerusting verlede jaar die geval was nie.

 Die regering beplan glo om nie noodwendig gebruik te maak van plaaslike regerings om die entstof te hanteer nie, maar kenners is bekommerd dat die hantering van entstof uiteindelik tot bedrog kan lei aangesien daar te veel gevalle bekend is waar mense vertrou is maar onbetroubaar gevind is.

Hoe die regering werklik beheer gaan uitoefen wat sal verseker dat bedrog en korrupsie uitgeskakel word, is nie in besonderhede bekend gemaak nie.

Intussen het organisasies begin werk na die moontlikheid om self entstof aan te koop om pasiënte te immuniseer aangesien daar ook twyfel bestaan of almal in Suid-Afrika ewe regverdig behandel gaan word wanneer die inentings begin.