Regering belowe 67% ingeënt Desember

Die verwarrende uitsprake van regeringslui en die voorspellings van geleerdes, is alles so botsend dat die waarheid eers oor 12 maande gesien sal word.

Die media het saam met die sosiale netwerk so ʼn lawaai opgeskop oor die regering se nalatigheid met die verkryging van entstof dat iemand nou wakker geword het en selfs belowe dat die eerste entstof in Februarie ontvang gaan word.

Die opmerkings is gemaak deur invloedryke geneeskundiges wat dit sterk betwyfel of die jongste beloftes bewaarheid gaan word.

Die Minister van Gesondheid wat die meeste kritiek kry vir sy voete sleep met aankoop van entstof, het die afgelope naweek gesê die eerste besending entstof word in Suid-Afrika verwag in die begin van die tweede kwartaal.

Dan volg nog ʼn ongeloofwaardige uitspraak dat 67% van Suid-Afrika se mense teen Desember 2021 ingeënt sal wees, maar ekonome sʼn hulle twyfel daaroor aangesien die entstof waarna verwys word, teen minus 70% gestoor moet word en SA het ʼn beperkte ruimte daarvoor.

Daarbenewens is die land se ekonomiese toestand so haglik dat dit betwyfel word of voldoende fondse bekom sal word om die aankope te doen, en met die rommel status op ekonomiese gebied, sal dit sukkel om entstof aankope gedoen te kry.

Die Minister se teiken om 67% ingeënt te kry voor die einde van die jaar, word deur die meeste ingeligte bronne bevraagteken, veral as gelet word op die feit dat die eerste besending entstof eers in die tweede kwartaal verwag word.

Die eerste besending sal ook nie genoeg wees om al die mense in die gesondheidsdienste en ander noodsaaklike afdelings soos die polisie en soldate ingeënt te kry nie.