Ramaphosa se verjaarsdag boodskap

Die president en leier van die ANC het sy “fellow citizens” toegespreek tydens die ANC se verjaardag vieringe die afgelope week.

Van sy boodskap sal ons nie praat nie maar die opening wat sy toespraak vooraf gegaan het kan nie sommer daar gelaat word nie.

 “Gebede” is gerig aan al die gode wat daar seker is, van Allah tot die voorvaders.  Die gode van ‘n Nkosi sikeleli Afrika.  ‘n god van Afrika.  ‘n Lid wat die stryd en bevryding in Suid Afrika simboliseer en deur die ANC aangeneem is. Tragies dat daar van ons mense hand op die bors staan en die universele god aanbid.  Dan sluit Ramaphosa sy toesprake af met die woorde  “God seën Suid Afrika”.  Ons kan nie so ‘n god aanbid nie. Ons kan nie seën verwag terwyl die eerste en tweede gebod so blatant oortree word nie.

Die Denker