Polisiemag se wiele word pap

Gespesialiseerde eenhede van die SA Polisie is stadig besig om tot stilstand te kom. Dit weens die uittrede van lede wat nou hul aftree ouderdom bereik en in die meeste gevalle is dit  blanke lede van die mag.  Daar is egter nie opgeleide en bekwame lede oor om hul werk oor te neem nie. Tweedens word die eenhede se werksaamhede al hoe moeiliker weens ‘n tekort aan voertuie. ‘n K9 eenheid (honde eenheid) in die Wes Kaap het slegs een “vangwa” beskikbaar om hul werk te verrig.  Snuffelhonde en spoorhonde is soos hul hanteerders op die rand van “aftrede”.  Hierdie is natuurlik goeie nuus vir dwelm smokkelaars en misdadigers aangesien hul al hoe moeiliker opgespoor en/of uitgeken sal word.  Forensiese dienste se agterstand is ‘n verdere knelpunt. Verkragtings sake word bemoelik weens ‘n tekort en/of “waglys” vir uitslae van toetse.  Aan die eenkant het die regering bykans ‘n polisiestaat aangekondig maar aan die ander kant kan hul nie misdaad bekamp nie.  ‘n Minister wat jare gelede geskors is en nou aan die hoof van die polisiemag staan,  is tekenend van die toedrag van sake by SAPD.

Koos Konstabel