Polisie word al minder vertrou

Al minder vertroue word in die Suid-Afrikaanse Polisiediens gestel weens die talle beamptes wat hulle skuldig maak aan ongerymdhede en kriminele oortredings.

Die jongste voorval het wye reaksie ontlok van mense wat tot nog toe geglo het dat die polisiediens op ʼn hoé standaard is wat betref betroubaarheid.

Die gebeure in Natal waar polisie op video vasgevang is terwyl hulle besig is om in die tyd van ʼn ernstige verbod op alkohol verkope , besig is om voorraad alkohol met ʼn polisie vangwa aan te ry en af te lewer,, is weereens ʼn bewys van hoe korrup Suid-Afrika is.

Mense het hulleself geposisioneer en kon ʼn video opname maak van hoe daar by die bure glasbottels uit die polisie se vangwa afgelaai word om in die huis se garage gestoor te word.

Die mense het hulle skok en afkeer uitgespreek oor die toedrag van sake, en een persoon het gesê die moontlikheid bestaan dat die polisie lankal met die ongerymdhede besig is, maar nou eers betrap kon word.