Poetin se rykdom blootgelê

Die Russiese omgewings aktivis, Demitry Shevchenko het aan ʼn koerant in Duitsland foto materiaal en data beskikbaar gestel oor die rykdomme van die Russiese president, Vladimir Poetin.

Een van die foto’s is glo die paleis van Poetin wat naby die Swart See geleë is in ʼn pragtige omgewing, en verskeie foto’s is gestuur van die pragtigste persoonlike bote.

Die aktivis beweer dat hy die Poetin bedrywighede reeds etlike jare dophou, en monteer wat die president se kom en gaan betref.

Vir jare is daar bewerings gemaak dat die president se paleis met “vuil geld” bekom is, en vrae is onbeantwoord oor die verskillende bote, wat glo een van die president se geliefkoosde ontspannings metode is, om met ʼn kragtige boot oor die water te gly.

ʼn Video is gemaak van die “storie van die grootste omkopery” wat betrekking het op die 18,000 vk meter van leefruimte in die paleis wat na raming sowat $1,4 miljard gekos het.

Politieke waarnemers reken die korrupsie waarna die opposisieleier, Alexei Navalny, gedurig verwys, dan ook die rede is waarom die Poetin ondersteuners van hom wil ontslae raak.