Pence weier om teen Trump te draai

Die Amerikaanse Visepresident, Mike Pence, het die versoek geweier van Nancy Pelosi, speaker van die Demokratiese Party in die Huis van Verteenwoordigers, om die amendement te onderteken wat bedoel is om President Donald Trump uit sy amp te verwyder.

Die ver linkse Demokrate het die afgelope vier jaar alles moontlik prober om President Donald Trump uit sy amp ontslaan te kry, maar het telkens misluk.

Pence het gedurende die vier jaar van Republikeinse regering onwrikbaar by die president gestaan deur al die aanslae, maar kon die ondertekening van die dokumente nie weier wat die wenner, Joe Biden, as nuwe president bevestig het nie.

Die Visepresident skryf in sy brief aan die Demokrate se speaker Nancy Pelosi, da thy nie die amendement sal onderteken nie.

Ingeligte bronne in die VSA wys daarop dat die Demokrate se aggressie teenoor die uittredende president sodanig is dat hulle alles moontlik prober om Trump uit sy amp te ontslaan, afgesien daarvan da thy binne enkele dae amptelik uittree wanneer Joe Biden op 20 Januarie ingesweer word as president. Daar is selfs senior Demokrate wat gekant is teen die pogings van die speaker en sê dit is sinneloos om die President afgesit te kry enkele dae voor sy uittrede.