Pandemie skep skole krisis

Die koronavirus pandemie wat in Januarie vanjaar reeds gewys het dat dit veel erger is as wat die eerste pandemie van verlede jaar was, het ook ernstige probleme veroorsaak met die skole wat moet heropen.

Die minister het aangekondig dat skole eers teen 15 Februarie heropen ten einde te verseker dat elke skool presies weet wat gedoen moet word om verspreiding van infeksie te vermy.

Die krisis is egter groter as in aanmerking geneem word dat sosiale afstand gehandhaaf moet word, maskers gedra moet word en dat hande was gereeld gedoen moet word, maar dat baie skole glo nie oor die middele beskik om kinders en onderwysers daarvolgens toe te rus nie.

Asof dit nie reeds genoeg is nie, wys onderwys deskundiges daarop dat klaskamers wat reeds oorvol is, nou ingerig moet word om die leerlinge minstens een meter ver van mekaar moet wees, en dat die nodige ruimte ni by alle skole beskikbaar is nie.

Daarbenewens is honderde onderwysers dood of reeds met infeksie onder kwarantyn, wat die vraag laat of die land genoeg onderwysers het om voort te gaan met goeie onderrig van leerlinge.