Omstredenheid verdiep met virus entstof

Die debat oor die wenslikheid daarvan om ingeënt te word, het ʼn nuwe wending geneem nadat bewerings gemaak is dat mense te verskillend reageer nadat inenting gedoen is.

Die teenwoordigheid van teenliggaampies wat na verwagting ʼn immuniteit moet verleen nadat iemand infeksie opgedoen het, en dus sowat 5 maande immuun behoort te wees, is nie in alle gevalle waargeneem nie, sê dokters wat hieroor navorsing doen.

Die gevolg is dat daar nou vrae ontstaan oor die wenslikheid om ingeënt te word as die betrokke persoon na sy infeksie van vroeër, nie immuun geraak het nie.

Bewerings word gemaak dat sulke persone ook die gevaar loop dat die inenting ook nie immuniteit sal bied nie, en gevolglik wil sulke pasiënte nie die inenting aanvaar nie.\

Persone wat ingeënt is in Europa beweer dat hulle teenliggaampies se vlakke gedaal het, wat beteken dat hulle vatbaar is om weer infeksie op t doen, maar geneeskundiges reken dat die toestand reggestel word wanneer die tweede inenting op die pasiënt gedoen is.