Olie tenkskepe van Iran geblokkeer

Indonesië het bekendgemaak dat sy kuswag die een olie tenkskip wat onder die vlag van Iran vaar en nog ʼn tenkskip van Iran wat onder die Panama vlag vaar, tot stilstand gedwing omdat vermoede bestaan dat hulle op onwettige wyse olie vervoer binne Indonesiese seewater gebied.

Die twee tenkskepe, MT Horse en MT Freya, het glo die afgelope Sondag onwettig die seegebied binne gegaan.

Die kuswag het die twee skepe begelei om na die Batan eiland te seil waar verdere ondersoeke gedoen sal word deur die owerheid van Indonesië.

Die owerheid se woordvoerder sê die vragskepe het aanvanklik nie hulle vlae vertoon nie, en het gepoog om hulle identiteit te verberg, wat in die seevaart bedryf onwettig en as misdaad beskou word.

Indonesië sê hulle het die twee tenkskepe “op heterdaad betrap” dat hulle besig was om onwettig op te tree, en daarom wag daar ʼn moeilike tyd vir die twee skepe.

Sowat 60 bemanningslede van die twee skepe is in aanhouding en sal deeglik ondervra word.