Nyl dam: Onderhandelings tussen drie lande hervat

Met Ethiopië op die voorpunt om die Nylrivier op te dam sodat ʼn massiewe hidro-elektriese kragopwekking stelsel opgerig kan word, het Egipte en Soedan in ʼn ernstige dispuut met die Ethiopiese regering gedwing.

Die drie lande is egter gereed om die gesprek oor die dam en die toekoms van water gebruik te bespreek en oplossings te vind nadat die VSA sekere riglyne gegee het waarvolgens gewerk kan word.

Die dam wat op die Blou Nylrivier gebou word, kan daartoe lei dat Egipte se waterbron periodiek afgesny word wat die land se lewensaar is, en die Soedan het vrese dat die dam sy gebied kan oorspoel.

Die dam is nou reeds ʼn dekade lank onder konstruksie, en daar is nog geen moontlikheid dat dit binnekort voltooi gaan word nie, maar die bou van die sogenaamde Grand Ethiopian Renaissance Dam sal uiteindelik gereed wees om krag op te wek, met die verstandhouding dat die Soedan en Egipte tevrede sal wees met wat Ethiopië hulle kan bied.