Nuwe stad sonder voertuie kom

Saoedi Arabië sal waarskynlik die land ter wêreld word wat ʼn nuwe stad bou wat so beplan word dat geen motors daar in gebruik sal wees nie.

Die beplanning is glo reeds gedoen in volle besonderhede, en die bou daarvan sal binne enkele maande in aanvang neem.

Met die oprigting van die stad sal daar geen binnebrand masjiene se gasse vrygestel word nie, wat dit nie net ʼn gesonder omgewing sal maak nie, maar ook ʼn geraas vrye gebied sal wees.

Die Kroonprins Mohammed Bin Salman het die aankondiging gemaak tydens n televisie uitsending die afgelope Sondag.

Die stad wat sonder gewone groot strate sal wees, en sonder motors waarvan die uitlaatgasse die lug besoedel, sal sowat een miljoen mense in huise akkommodeer.

Skole, gesondheidsdienste en “groen” parke sal beskikbaar wees en met die ontwikkeling wil Saoedi wegdoen van die konvensionele stad met sy woelige strate en geraas van motors wat die lug besoedel.

Nagenoeg $500 miljard sal nodig wees vir die olie-ryke land om die nuwe stad tot werklikheid te maak, maar waarnemers wys daarop dat dit waarskynlik beter sou wees om die hoofstad te omskep deur binnebrand voertuie te vervang met elektries aangedrewe voertuie wat reeds besig is om die markte te betree.