Nuwe Neckartaldam van Namibië loop oor

 Die Neckartaldam wat in Maart 2020 in gebruik geneem is en opgerig is met die doel om hoofsaaklik lusern te verbou, het met mildelike reëns in die opvanggebied genoeg invloei gekry om nou oor te loop.

Dit is die eerste keer dat die dam vol is, en die verwagting is dat die dam ʼn groot verandering in die landbou sal teweegbring as voldoende voer geproduseer kan word om boere in die droëer dele van lusern te voorsien in veral die wintermaande.

Neckartaldam is nie net die jongste toevoeging tot die land se opgaardamme nie, maar ook die grootste en belangrikste dam wat die landbou ʼn groot hupstoot sal gee.