Noordkaap druiweboere sukkel in reëntyd

Goeie en deurdringende reen het in groot dele van die Noord-Kaap geval, en alhoewel dit oral verwelkom is na die uitmergelende droogtes, is druiweboere ontwrig wat produseer vir die vrugte markte.

Die reën in dele waar boere hulle produksie van tafeldruiwe nou moet bemark, sukkel want die reën het die oes beskadig by ʼn groot deel van die produsente.

Benewens die skade wat veroorsaak is, word boere vir minstens ʼn week tot 10 dae verhinder om te verpak, en kan dit lei tot verdere skade aangesien die seisoen sy einde nader.

Die laat pluk van druiwe beïnvloed ook die gehalte van die vrug, iets wat nie vanjaar bekostig kan word nie weens die ekonomiese insinking wat ondervind word.

Boere in die Oranjerivier gebied sê hulle het nog sowat 25% van die oes wat bemark moet word, en met die weersomstandighede wat hulle verplig het om twee weke later as gewoonlik te begin oes, lyk die oesjaar wel goed, maar die omstandighede bemoeilik dit om gehalte vrugte aan die mark te lewer.