Noord Korea se kernwapen program kan misluk

Geen sekerheid bestaan of die kommunistiese leier, Kim Jong Un van Noord Korea enigsins oorweeg om voort te gaan met sy kernwapen ontwikkelingsprogram nie.

Kim Jong Un het wêreldleier verras met sy erkenning dat die ekonomiese beleid wat in 2016 geformuleer en toegepas is, grotendeels ʼn mislukking is wat met die jongste Ekonomiese Kongres van sy party hersien is.

Met sy beplanning om die land se reuse militêre struktuur verder op te gradeer na selfs ʼn nog groter kapasiteit, sal volgens meningsvormers ʼn verdere las op die staatskas bring.

Die algemene gevoel bestaan dat Kim Jong Un nie veel samewerking van Joe Biden se regering kan verwag nie, en waarskynlik vir daardie rede poog om indruk te maak by die wêreldleier deur sy kernwapen program te laat sloer en eerder sy militêre vermoë ontwikkel op ander terreine.

In ʼn toespraak voor die Werkers Party Kongres van verlede week het Kim te kenne gegee dat daar gefokus gaan word op die ekonomiese plan wat vir die volgende 5 jaar in werking gestel gaan word.

Die waarskynlike is dat die ekonomiese situasie so versleg het, dat sy kernwapen program kan misluk, en dat die leier sal poog om sanksies opgehef te kry wat hom ekonomies op die rand van die afgrond het.