Noord-Korea leier kry titel

Die leier van Noord-Korea, Kim Jong Un, het tydens die Werkers Party se ekonomiese kongres ʼn titel gekry, en sal voortaan as die party se Generaal-sekretaris aangespreek word.

Die nuwigheid vorm klaarblyklik deel van sy poging om ʼn groter houvas te kry oor die bevolking onder die vaandel van “konsolidasie van mag”.

Die leier het in sy afsluiting toespraak belowe dat daar gebou sal word aan gesofistikeerde kernwapens vir die land, maar waarnemers sê hy probeer die bevolking met wapentuig beïndruk terwyl grootskaalse armoede besig is om ʼn onrustigheid onder mense te veroorsaak.

Die leier het reeds talle titels verwerf maar sy ondersteuners in die hiërargie hoop dat die nuwe benaming sy aansien sal verbeter onder die voetvolk.