Noord Korea erken sy ekonomiese mislukking

Kim Jong Un

Kim Jong Un, die leier van Noord Korea het in die land se Kongres erken dat die ekonomiese doelwitte nie bereik is “in byna elke sektor van die ekonomie” nie en dat nuwe beleid ontwikkel word om later in werking gestel te word.

Die Kongres wat vanjaar gehou word, is die eerste van sy soort in die afgelope vyf jaar, en die leier, Kim Jong Un verwag dat nuwe beleidsrigtings binnekort gereed sal wees vir toepassing.

In sy openings toespraak het Kim gesê die doelwitte is nie bereik nie, en die foute moet nie herhaal word nie, maar daar moet eerder uit die foute geleer word.

Hy het erken dat die ekonomiese mislukkings die land ernstig geraak het en nie herhaal moet word nie.

Kim Jong Un se kommunistiese Werkers Party Kongres wat in die hoofstad Pyongyang gehou word, se 4,750  afgevaardigdes, tesame met sowat 2,000 waarnemers sal waarskynlik nuwe ontwikkeling op ekonomiese gebied uiteensit in die volgende paar dae, maar of die beleidsrigtings sukses sal bring, word betwyfel.

Politieke ontleders sê Kim is te groot verbind met sy kernwapen program, en dit het wêreldwye sanksies teen sy land meegebring wat skynbaar net deur Sjina en Rusland gesystap word.