Noord-Kaap gebiede kry ligte reën

Die Noord-Kaap provinsie het die afgelope twee dae ligte reen in sekere dele ontvang en groot vreugde het geheers in veral die Kuruman gebied waar dit nog bitter droog is.

Die weervoorspellings dui daarop dat daar nog reën in die provinsie verwag word, maar Woensdag sal opklaar.

Die Noord-Kaap en die Oos-Kaap het die afgelope jare gebuk gegaan onder swaar droogte toestande, en in sekere gebiede het dit in ses jaar niks gereen nie.

Die ongevoeligheid van die regering het daartoe gelei dat talle boere verplig was om handdoek in te gooi, maar diegene wat steeds vasbyt, sit met groot bedrae skuld wat slegs afgewerk kan word as genoeg reën die provinsie meer leefbaar maak.

Die erg geteisterde Kalahari het glo redelike neerslae gehad, wat na die oostelike dele uitgebrei het na Kuruman en omgewing.