Navalny: Twitter gaan baie verloor

Die bekende Russiese opposisieleier, Alexei Navalny, het skerp gereageer nadat bekend gemaak is dat die sosiale netwerk maatskappy Twitter besluit het om die rekening van president Donald Trump te sluit weens die president se “bevordering van geweld” met die Capitol Hill saga.

Navalny sê die sluiting van Trump se rekening gaan wereldwye reaksie ontlok wat Twitter se aansien en ondersteuning negatief sal beinvloed.

Hy sê die sosiale netwerk se optrede is “onaanvaarbaar en ʼn daad van sensorskap wat nie rekening hou met die internasionale reg van vryheid van spraak nie.

Hy reken ook dat die optrede sodanig is dat Twitter teen talle ander regerings en politieke leiers soortgelyke optrede moet toepas, maar kan ook lei tot regerings se besluit om Twitter te verban in hulle lande.

President Trump se rekening “@realdonaldtrump” by die reus Twitter is verlede Vrydag gesluit maar Navalny sê die besluit is duidelik een wat deur emosie oorheers is weens die instansie se politieke voorkeure.

Navalny sê dit is vreemd dat Trump se rekening gesluit word maar die diktator van Venezuela, en die rekening van President Poetin mag ongehinderd voortgaan.