Navalny summier gearresteer

Alexei Navalny is een van Rusland se mees prominente opposisieleiers, en iemand wat nie huiwer om sterk kritiek uit te spreek oor die Russiese president, Vladimir Poetin, en sy regering nie.

Na sy behandeling in Duitsland, teen die vergiftiging, het hy na maande teruggekeer na sy land en na die Russiese hoofstad Moskou, maar by sy aankoms is hy summier gearresteer, en sal 30 dae in aanhouding wees voor hy in ʼn hof verhoor sal word.

Die Duitse regering het Navalny se onmiddellike vrylating geeis, maar die Russiese regering het kwalik daarop gereageer.

 Navalny se lewe is waarskynlik gered met die vin nige optrede uit Duitsland toe ʼn vliegtuig met opgeleide medici hom na Berlyn geneem het om in Europa se beste hospitaal versorg en behandel te word teen die senuwee vergiftiging wat vermoedelik deur regeringslui teen hom gebruik is met die doel om sy lewe te beëindig.

Gerugte doen die rondte dat hy soveel as drie jaar of langer in die tronk gaan deurbring en waarskynlik weer uitgeknikker sal wees wanneer die volgende verkiesing gehou word.