Navalny keer terug na Rusland

Die Russiese opposisieleier en kritikus van Vladimir Poetin het bekend gemaak dat hy die naweek terugkeer na Rusland te midde van dreigemente dat hy in hegtenis geneem gaan word by aankoms.

Alexei Navalny sê in ʼn verklaring dat hy feitlik volkome herstel het van die senuwee gifstof wat hom by die dood laat omdraai het.

Die vergiftiging is deur verskeie navorsers en wetenskaplikes bestempel as ʼn identiese geval soortgelyk waaraan die Russiese owerheid hom reeds verskeie kere aan skuldig gemaak het.

Die Russiese president, Vladimir Poetin, het al die beskuldigings ontken en verwerp, en bygevoeg dat Navalny dood sou gewees het as dit die regeringsmagte was wat die aanval uitgevoer het.

Dit is bekend dat Alexei Navalny as die grootste opponent van Poetin, uiters ongewild is onder die president se ondersteuners, waarvan die polisie en veiligheidsmagte waarskynlik die gevaarlikste teenstanders is.