ʼn Muis is gebaar

Behalwe vir die twyfelagtige belofte van president Ramaphosa dat 40 miljoen mense teen Desember ingeënt gaan word, wat reeds ou nuus is, het die spreekwoordelike gebeur dat ʼn muis gebaar is.

Suid-Afrika het in afwagting gesit om te hoor of die staatshoof hierdie keer sy “fellows” gaan verras met inligting wat nuut en vars is, maar helaas het dit nie gebeur nie.

Media ontleders wys daarop dat die president in wese niks nuut gesê het nie, en is dit wat ongesê gebly het steeds die vraagtekens wat hang en waaroor die denkende deel van die bevolking nog antwoorde soek.

Sonder om doekies om te draai kan gesê word dit is tyd verkwistend om na die preekstem te luister terwyl sy inhoudelike boodskap van geen waarde is vir diegene wat werklik belangstel in wat van belang is rondom die pandemie nie.

Wat die president kwytgeraak het, het die ingeligte mense reeds dae tevore in koerante soos Die Vryburger gelees.

Daar is ʼn gesegde wat lui: As jy niks nuut kan sê nie, sê dan liewer niks”.