Moontlik geen entstof vir SA

ʼn professor verbonde aan die Wits Universiteit, Shabir Madhi, voorsien dat die moontlikheid bestaan dat Suid-Afrika geen koronavirus entstof gaan kry gedurende 2021 nie.

Die geleerde beweer dat die blaam volledig op die ANC se Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, wat klaarblyklik saam met sy span van Departement Gesondheid, die verkeerde boodskap sein aan die wêreld.

Die professor het sy kommer op die sosiale netwerk bekendgemaak, en daarmee die spreekwoordelike kat in die duiwehok losgelaat.

Die wetenskaplike, Safura Abdool Karim, het kort na die professor se uitlating ook sy kommentaar gegee en gesê dat die entstof alleen nie die probleme van die virus en die pandemie uit die weg gaan ruim nie, en daarmee die paniek onder mense dramaties vererger.

Die opmerking is gemaak dat “menige in Suid-Afrika dink die entstof is ʼn silver koeel” wat die virus se einde gaan beteken, terwyl dit nie waar is nie, is gesê.