Minister het geslaap met entstof aankope

Die swart vakbond Cosatu sê die Minister van Gesondheid het geslaap toe hy moes beplan en entstof vir Suid-Afrika kon bestel en beding vir vroee aflewering daarvan.

Cosatu reken die minister het ook in gebreke gebly om verspreiding van entstof te beplan wat strategies korrek sou wees om die land se mense te immuniseer.

Cosatu sê Zweli Mkhize, die Minister van Gesondheid, het geslaap in die tydgleuf van ʼn dodelike pandemie en daar is nie geloofwaardigheid dat die regering ʼn bepaalde strategie het met betrekking tot die inentings veldtog teen die koronavirus nie.

Intussen het deskundiges die regering ook gekritiseer vir sy nie haalbare belofte om teen Desember vanjaar 40 miljoen mense geïmmuniseer te kry.

Kenners reken dat die regering nie oor die infrastruktuur en fondse beskik om die 40 miljoen mense, wat 110,000 per dag sal wees, ingeënt te kry teen einde Desember nie.

Cosatu reken die planne waarvan die minister nou praat, moes reeds vier maande gelede in werking gestel gewees het, wat volgens ingeligte bronne, nou veels te laat is om soveel mense geïmmuniseer te kry terwyl die beskikbaarheid van entstof nog lank nie opgeklaar is nie.